Roné

en

Riaan

0 Dae
.
0 Ure
.
0 Minute

Onverwags. Opreg. Onvoorwaardelik.

Riaan en Roné se storie het dalk nie begin soos iets uit ’n sprokiesverhaal nie, maar soms begin die mooiste stories juis op die plekke waar ’n mens dit die minste verwag.

Hulle het mekaar onverwags, in ’n kroeg, gevind- nie by ’n braai soos Roné vir haar pa vertel het nie!

Nadat Riaan Roné se nommer by ’n vriendin moes kry, omdat sy dit nie self vir hom wou gee nie, was sy eerste woorde aan haar op WhatsApp: ”Onthou, dis ’n keuse.” Op daardie stadium het Riaan bedoel dat dit vir Roné ’n keuse was om so moeilik te wees. Roné het Riaan se eerste paar uitnodigings vir verder kuier elke keer van die hand gewys. Dit was eers ná ’n paar dae se gesels oor WhatsApp wat Roné besluit het om uiteindelik ja te sê.

Dit was glo omdat sy skaam was aan die begin. Sy is mos maar stil en teruggetrokke-volgens niemand behalwe haarself. 

Na maande se skelm vry het Roné uiteindelik die geheim met haar ouers gedeel, en kort daarna het Riaan ook die nuus aan sy vriende verklap. Van daar af was daar geen keer aan dié twee nie.

Min het hulle geweet dat daardie “Dit is ’n keuse” mettertyd ’n heel ander betekenis sou kry.

Want vandag, drie jaar later, staan hulle op die drumpel van die grootste keuse van hul lewens: om ’n leeftyd aan mekaar te beloof. Nie net vir vandag nie, maar oor en oor en oor, ongeag wat die lewe oor hul pad gooi. Die belofte om mekaar opreg te kies, en onvoorwaardelik lief te hê.

Hulle sien vreeslik uit daarna om hierdie besondere dag saam met hul vriende en familie te vier. Wat ’n voorreg is dit nie om so ’n mooi belofte van liefde en eenheid saam met die mense vir wie hulle lief is, te vier nie!

Verhaal

Ons

Ons Trou Dag

Steyn Bruilof

Liefdeskraal • 13·02·27

jy word hartlik uitgenooi

Dit is vir ons 'n groot eer en voorreg om jou uit te nooi om saam met ons hierdie spesiale dag te vier - die huweliksbevestiging van Riaan Steyn en Roné van der Merwe

Ligging

Waar ons ja sê vir altyd

Liefdeskraal

+-14 km buite Lydenburg, Mpumalanga

Die seremonie

Saterdag, 13 Feb '27

Die seremonie begin om 16:00. Gaste is welkom om vanaf 15:30 te arriveer.

Gaste moet asseblief direk by die gastehuise die besprekings maak

Green Chameleon

013 235 4486

076 383 0257

(vra spesifiek vir kamers by Green Chameleon)

 

Lydenburg Guesthouse

083 776 1405

 

Villa Afriq

084 512 9459

Verblyf

Blyplek vir die naweek

Vermy asseblief enige kleure wat tipies vir die bruid geresiveer is

 

Vermy asseblief ook kortbroeke en denims.

Ons versoek dat alle gaste semi-formele tot formele drag dra.

 

Ons sal dit waardeer as gaste sover moontlik in sagte pastelkleure kan aantrek.

Kleredrag

Wat om aan te trek

Sou jy graag 'n geskenkie wou koop, spaar jouself die baie loop.

 

Bêre die nootjie in die kas en kom gooi dit in die huwelikstas!

Hier is ons bankbesonderhede vir jou gerief:

FNB/RMB
Rekeninghouer: RJ Steyn
Rekeningtipe: Spaarrekening

Rekeningnommer: 36172397135
Tak kode: 250655

Verwysing: Naam en Van

geskenk idees

Ons trou wense

IS KINDERS WELKOM?

Om almal kans te gee om te ontspan en die aand te geniet, vra ons dat ons spesiale dag kinders vry gehou word.

 

KAN EK FOTO’S NEEM TYDENS DIE SEREMONIE?

Laat die foto’s aan ons fotograaf oor – jy’s daar om die oomblik te beleef!

 

KAN EK ‘N METGESEL SAAMBRING?

Om ons viering intiem te hou, is slegs dié wie se name op die uitnodiging verskyn, genooi om by te woon.

 

HOELAAT BEGIN DIE SEREMONIE?

Die seremonie begin om 16:00, maar gaste kan vanaf 15:30 begin arriveer. Ons vra dat almal asseblief hul sitplekke sal in neem teen 15:50.

 

IS DAAR KAARTFASILITEITE BESKIKBAAR?

Ja, kaartbetalings word aanvaar by die kroeg.

 

HET JY NOG VRAE?

Kontak gerus die Bruid op 082 785 0021

die fynskrif

FAQ

bevestig jou teenwoordigheid

RSVP asseblief teen 3 Januarie 2027

RSVP Hier

RSVP

↑

Roné

en

Riaan